Tuis

Waaraan dink jy as jy aan paasfees dink? Meeste mense dink aan die paashaas, ‘n hoogs gekommersialiseerde simbool van paasfees. Oor die jare is die heilige dag verminder tot ‘n publieke vakansiedag, en ons kinders dryf ons teen die mure uit vir sjokolade hasies en en paaseiers. In die proses het die deursnee Westerling die volle betekenis en doel van die dag verloor... die kruisiging en opstanding van Jesus Christus.

Maar ons beplan om dit te verander...

Welkom by die groen weivelde van Leonardo. Deur tyd in sy vallei te spandeer, sal jy nie net vir hom leer ken nie, maar ook verstaan hoekom hy ‘n vingerwysing is na die grootste gebeurtenis wat die wêreld nog gesien het.

Ons vertrou dat jy die tyd hier in Leonardo se vallei sal geniet. Maar die belangrikste van alles is dat hy nie net ‘n oulike skapie sal bly nie, maar dat hy die ware betekenis van Paasfees sal terugbring in almal se huise, ons kerke asook ons skole.