Bestel Vorms

So, jy het nou vir Leonardo ontmoet. Hy is baie oulik en jy wil hom hê.

Hoe nou gemaak?

Hieronder sal jy ‘n aantal vorms vind wat jy kan aflaai om jou bestelling te plaas. Of jy hom vir jou skool, huis of kerk wil hê, hierdie vorms sal jou aan die gang sit.

Laai net die relevante vorms af, voltooi dit, en e-pos dit vir ons. Voordat jy kan sê:”Leonardo”, is hy reg voor jou deur.

Bestelproses:

  • Voltooi die bestelvorms met die hoeveelhede(maak seker u gee ‘n afleweringsdatum).
  • Stuur die bestelvorm deur dit te e-pos of te faks aan: stefan@jahdos.co.za of carelcloete@gmail.com of faks aan 0861813679, met die onderwerp LEONARDO BESTELLING.
  • Moet op hierdie stadium geen geld inbetaal nie. Ons stuur ‘n erkenning van bestelling terug aan u met die finale bedrag, en ‘n bestelnommer wat die verspreidingskoste insluit.
  • Betaal die bedrag in met die bestelnommer as verwysing.
  • Ons stuur die bestelling deur, en versend so gou en in lyn met u afleweringsdatum (gee +/- 7 werksdae speling vir aflewering)