Agtergrond

Oor baie jare het die paashaas so gekommersialiseerd geword dat kinders [en volwassenes] meer gefokus geraak het op die sjokolade paashaas as op die ware betekenins van Paasfees. Min mense is bewus daarvan dat die paashaas ‘n heidense gebruik is wat uit die aanbidding van die godin van vrugbaarheid – Eostre ontstaan het, met die haas as haar aardse inkarnasie (die vrugbaarste dier). Die haas het volgens oorleweringe by Eostre die mag gekry om eiers te lê, en het dan die eiertjies in mandjies vir soet kinders in die tuin kom wegsteek. Die vrugbaarheidsfees het histories tepaard gegaan het met seks-orgies, en tempelprostitusie.

Ons stel bekend “LEONARDO die PAASLAM”. In Exodus 12 word die paasfees ingestel toe die Israeliete ‘n lammetjie moes slag, en die bloed teen hulle deurkoesyne smeer sodat die engel van die dood hulle eersgeborenes spaar. Regdeur die ou testament slag hulle lammetjies om vergifnis vir hulle sonde te ontvang. Die profete voorspel dat daar ‘n LAM gaan kom wat vir eens met ons sonde gaan afreken... en in Joh 1:29 bevestig Johannes die Doper: ”Daar is die Lam van God wat die sonde van hierdie wêreld wegneem.”

“Leonardo” beteken “soos ‘n leeu”, In Openbaring 5:5 verwys Johannes na Jesus, die Lam van God, as “Die Leeu uit die stam van Juda”.

Ons gebed is dat mense paasfees sal begin vier vir wat dit is, die kruisiging en opstanding van Jesus Christus. Wanneer ons Paaslammetjies uitdeel aan vriende, en kliente gee dit ons die geleentheid om hierdie goeie nuus te deel. Ons weet die kinders gaan dol wees oor hom.